Op 23 Junie 2013 het Wybren sy moed bymekaar geskraap om vir Umonique op haar vliegtuig telefoon te bel terwyl hulle oppad was na hulle Europa koortoer. Min het ons geweet dat twee vreemdelinge, in 'n vreemde land, so baie in gemeen sou kon hê. Tussendeur al die lag, die mooiste landskappe, laat aand geselsies en musiek het ons mekaar gevind. Ons was toe nie net bestem om beste vriende te word nie, maar lewensmaats ook.
Toe die tyd reg was in 2017 was ons geseënd om baie meer tyd saam te kon spandeer. 20 Mei 2017 het Wybren vir Umonique gevra om sy meisie te wees en dit was die begin van ons storie saam.
'n Storie vol goeie tye saam met mekaar, vriende en familie. 'n Storie vol vakansies by Morgan Bay en San Lameer, Vishuis kuiers, informals, formals, blou Bloem, plaas kuiers, braai, saam studeer en rugby op Shimla Park. In 2019 was ons bevoorreg genoeg om saam Nederland te toer en ons storie met nog soveel mooi herinneringe in te kleur. Die Here het ons tot dusvêr nie net met soveel mooi oomblikke geseën nie, maar met ongelooflike mense ook.
20 Januarie 2022 was Wybren baie op sy senuwees, maar tog so gereed om die groot vraag te vra. Hy het by Tshikwalo Lodge vir Umonique gewag terwyl sy onbewus was van wat volgende sou gebeur. Volgens Umonique was sy oppad na 'n "girls-night" saam met Liela. Min het sy geweet dat sy binne 'n paar minute vir Wybren die gelukkigste man in die wêreld sou maak met die volgende woord- JA! Dit was die maklikste wat sy nog ooit ja gesê het vir enige iets. Op 20 Januarie was ons harte propvol opgewondenheid, liefde en dankbaarheid.
Copyright © 2022 Hiemstra Fees - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.